Komende dae ‘n toets vir Swapo, demokrasie

Reaksies op stemdagkwessies duur voort, met politieke ontleders wat die Verkiesingskommissie van Namibië kritiseer vir ‘n gebrek aan paraatheid. Die ECN het aangekondig dat baie mobiele stemlokale, meestal in die noordelike streke, en sommige vaste lokale vandag en môre van 7-uur tot 9-uur sal oop bly. Opposisiepartye is woedend oor die beperkte aantal stemlokale. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Andre Duvenhage, ‘n politieke ontleder in Suid-Afrika, wat sê dat hierdie komende dae ‘n toets vir die Swapo-party en demokrasie in Namibië sal wees.