Verleppende infrastruktuur bedreig SA finansiële stelsel

Die Reserwebank waarsku verswakkende infrastruktuur hou ʼn wesenlike bedreiging in vir die finansiële stelsel. Terwyl vordering gemaak is met die beskikbaarheid van elektrisiteit, duur uitdagings met watervoorsiening, gehalte en vervoerinfrastruktuur voort, wat ‘n invloed het op munisipaliteite se invordering van inkomste en vermoë om skuld terug te betaal. News24 berig skuld van 23,4-miljard Suid-Afrikaanse rand aan waterrade vererger ook die krisis. Die bank sê ’n hernude fokus op die herstel van infrastruktuur en fiskale verbeterings sal finansiële bestendigheid en kredietgraderings beïnvloed.