Iran voer kernprogram-samesprekings in Genéve

Iran gaan vandag in Genéve met Brittanje, Frankryk en Duitsland samesprekings voer oor sy kernkragprogram, minder as twee maande voor Donald Trump sy terugkeer as Amerikaanse president maak. Die vergadering is agter geslote deure, met die lande se ministeries van Buitelandse Sake wat baie min besonderhede oor die gesprek bekend gemaak het. Die Iranse diplomaat Majid Takht-Ravanchi, politieke adjunk van die minister van Buitelandse Sake, Abbas Aragchi, verteenwoordig die land in die samesprekings wat volg op ‘n vergadering in New York in September.