Shangula sê oor interns (wat net 8-5 werk)
Meer as 300 mediese interns het gedreig om binne vyf dae op te hou om oortyd te werk as die regering versuim om hul agterstallige oortydvergoeding te betaal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die gesondheidminister, dr. Kalumbi Shangula, wat sê dat die interns terug is by die werk aangesien die internskap ‘n praktiese fase is wat hulle moet doen om geregistreerde dokters te word.