SAOG-waarnemers haal ECN oor die kole in verslag
Die Verkiesingskommissie moet beter kommunikeer met belanghebbendes en meer deursigtig wees. Dit was een van die aanbevelings van die SAOG se waarnemer-sending. Die hoof van die sending Anne Semamba Makinda sê verder dat die Kieswet aangepas moet word in verband met waar kiesers mag stem tydens presidensiële en parlementêre verkiesings. Sy het ook die kommissie se stembrief-hantering aangespreek.