Monza sal F1 aanbied tot 2031

Monza, naby die Italiaanse stad Milaan het die aanbiedingsregte vir ‘n Grand Prix tot minstens 2031 bekom. Die beroemde renbaan het die bynaam “Tempel van Spoed” omdat motors dikwels snelhede van meer as 350-kilometer per uur behaal. Monza het ‘n Grand Prix feitlik elke jaar aangebied sedert die eerste wêreldkampioenskap in 1950 – behalwe in 1980 toe die baan opgradeer is. Die president en uitvoerende hoof van Formule Een, Stefano Domenicali, sê Monza met sy unieke atmosfeer is die middelpunt van Formule Een-geskiedenis.