Ndeitunga frustreerd met watervoorsiening

NamWater het frustrasie uitgespreek oor ‘n onderbreking in watertoevoer na die Ohangwena-streek, wat veroorsaak is deur ‘n kragonderbreking by die Onhuno-kraglyn weens vandalisme. Dit het die Omakango pompstasie geaffekteer. Die kragtoevoer is herstel, maar Ohangwena-goewerneur Sebastian Ndeitunga het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is steeds probleme.