AR wil ook antwoorde by ECN hê

Ten spyte van twee ekstra stemdae wat deur die Verkiesingskommissie aangekondig is, loop hy steeds deur omdat daar net uitgekieste stemlokale oor die volgende twee dae oop sal maak. Daar is ook vrae omdat die kommissie in stryd is met die kieswet. Die Affirmative Repositioning-beweging het ook intussen ‘n formele klag by die kommissie ingedien oor die tekort aan stembriewe, mobiele spanne wat net nooit operasioneel geword het nie en kiesers wat weggewys is. Hy soek ‘n antwoord teen die einde van vandag. Die beweging wil ook weet of die verkiesings dan nog aan die gang is of nie.