Smokkelware gevind tydens Bloem-tronk klopjag
Amptenare van die Departement van Korrektiewe Dienste het ʼn verrassingsbesoek aan die Mangaung Korrektiewe Sentrum in Bloemfontein gebring. Dit volg na die bekendstelling van Operasie Vala om in die feestyd veiligheid, sekerheid en nakoming by gevangenisse te verbeter. Die tronk wat is waar die veroordeelde moordenaar en verkragter, Thabo Bester, in 2022 ontsnap het. Die departement se nasionale kommissaris, Makgothi Thobakgale, sê hulle het tydens die deursoeking verskeie smokkelware, selfone en geld gevind: