Norris sê Red Bull se motor was vinnigste

Die Britse renjaer, Lando Norris, verskil van die Nederlander, Max Verstappen, se mening dat hy die Formule Een-wêreldkampioenskap sou wen as hy ʼn McLaren of ʼn Ferrari bestuur het. Die Red Bull-jaer het verlede Saterdag in Las Vegas sy vierde F1-wêreldkampioenskap beklink met twee rondes van die seisoen wat oorbly. Die McLaren-jaer, Norris, wat Verstappen se enigste oorblywende teenstander in die titelstryd is, sê Red Bull het hierdie seisoen in die meeste wedrenne die vinnigste motor gehad: