Putin wil Oreshnik verder ‘toets’ in Oekraïne

Russiese president Vladimir Putin het gedreig om besluitnemingsentrums in die Oekraïense hoofstad Kiëf aan te val met die nuwe Oreshnik ballistiese missiel. Putin het gepraat tydens ‘n besoek aan Kazakstan, ure nadat Rusland oornag ‘n omvattende aanval op die Oekraïne se energienetwerk geloods het. Moskou sê die nuwe dreigemente is ‘n reaksie op ‘n besluit deur die VSA, Brittanje en Frankryk om Oekraïne toe te laat om langafstandmissiele wat hulle verskaf teen militêre teikens binne Rusland af te vuur. Die Oekraïnse buitelandse sake-ministerie sê Putin demonstreer hiermee dat hy die enigste persoon is wat die oorlog wil voortsit en uitbrei.