Connacht is sonder vier toetsspelers in Bulle-wedstryd

Die Ierse span, Connacht, is sonder vier van sy toetsspelers wanneer hulle Saterdag in Galway in die Verenigde Rugbykampioenskap teen die Bulle te staan kom. Bundee Aki, Mack Hansen, Finlay Bealham en Ciaran Prendergast speel vir Ierland in die naweek se toets teen die Wallabies. Die nasionale span het egter Dave Heffernan aan Connacht vrygestel terwyl die Argentynse toetsspeler, Santiago Cordero, ook na sy klub terugkeer. Die Bulle is tans derde op die VRK-punteleer en Connacht vyfde.