AfriForum is in Genève oor raswette en ongelykheid
AfriForum sê wette soos die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging en die Wet op Gelyke Indiensneming het ongelykheid verhoog en minderheidsgemeenskappe uitgesluit van ekonomiese bedrywighede. Alana Bailey van die burgerregtegroep het op die Verenigde Nasies se forum oor sake-en-menseregte in Genève, wat vandag tot ‘n einde kom, ‘n beroep gedoen vir hervorming, wat beëindigingsklousules en breër bemagtigingsaansporings insluit, om regverdigheid en ekonomiese groei te bevorder: