Oud-geskiedenisonnie wen Uruguay se verkiesing
‘n Linksgesinde voormalige geskiedenisonderwyser, Yamandú Orsi, het die presidensiële verkiesing in Uruguay gewen en die kandidaat vir die regerende konserwatiewe koalisie, Álvaro Delgado, Sondag met meer as drie persentasiepunte geklop. Orsi en sy Broad Front Coalition sal nou weer aan bewind wees ná vyf jaar van konserwatiewe bewind. Hy word gesien as ‘n protégé van oudpresident José Mujica, wat die harte van talle burgers verower het deur sy beskeie lewenstyl wat mense hom “die wêreld se armste president” laat noem het. Orsi kom ook uit ‘n nederige agtergrond.