VSA, VK het net lof vir COP29

Terwyl arm lande kla oor die COP29-ooreenkoms sê Amerikaanse president Joe Biden dit bring die wêreld ‘n stap nader aan die bereiking van sy klimaatsdoelwitte. Lande het ingestem tot ‘n teiken vir lande wat besoedel om 300 miljard Amerikaanse dollar te betaal om armer lande te help om klimaatsverandering te bekamp en daarby aan te pas. Die Britse minister van Energie, Ed Miliband, sê die ooreenkoms is ‘n reuse-geleentheid vir die Britse sakesektor om in ander markte te belê.