Sewe Bokke in Wêreldrugby se Droomspan
Sewe Springbokspelers is opgeneem in Wêreldrugby se mans 15s Droomspan van die Jaar. Die wenner van Wêreldrugby se 2024 Speler van die Jaar Pieter-Steph du Toit is een van vier Suid-Afrikaanse voorspelers wat die span gehaal het. Ox Nche, Malcolm Marx en Eben Etzebeth sluit by hom aan in die pak. Die drie Springbokagterspelers wat deurgedring het is Damian de Allende, Jesse Kriel en Cheslin Kolbe. Vier spelers van Ierland het die span gehaal, drie van Nieu-Seeland en een van Argentinië.