DBN wil akkreditasie by Groen Klimaatsfonds kry

Die omgewingsministerie het sy steun vir die Ontwikkelingsbank van Namibië se bod om akkreditasie van die Groen Klimaatfonds te kry, bevestig. Minister Pohamba Shifeta het die belangrikheid daarvan beklemtoon dat Namibië verskeie geakkrediteerde entiteite het om toegang tot internasionale finansiering vir klimaatinisiatiewe te verkry.Hy sê hoe meer instansies wat geakkrediteer is, hoe meer stel dit ons in staat om toelaes te ontvang. Shifeta het die behoefte aan toelaes eerder as lenings herhaal en die beginsel van “besoedelaar betaal” beklemtoon.