Wouter sê koebaai aan Napso, of so iets

Wouter Niehaus, die uitvoerende bestuurder van die Namibiese Privaatskole Organisasie Napso, het sy bedanking aangekondig tydens die Nictus-Napso Kultuurfees vroeër vanjaar. Niehaus sal aan die einde van die jaar uit sy pos tree ná ses jaar se diens. Kosmos 94.1 Nuus het ingeloer by Niehaus wat sê die raad sit volgende week om ‘n nuwe uitvoerende beampte te kies. Hy deel sy gevoelens.

Niehaus sê hy wil sy aandag toespits op Tsumeb Gymnasium en op Tsumeb self want meer mense verlaat die dorp.