NamRA maak alarm oor vervalste sertifikate van goeie aansien
Die Namibiese Inkomste-agentskap het ‘n waarskuwing aan belastingbetalers en die publiek gerig oor die toenemende sirkulasie van vervalste belasting sertifikate van goeie aansien. Dit word ook ingehanding in prosesse waar bewyse van belastingnakoming verpligtend is, insluitend openbare verkryging. Hiervan het 13 sake kriminele ondersoeke tot gevolg gehad, wat sedert Maart 2023 tot nege arrestasies gelei het. NamRA sê die gebruik of aanbieding van vals sertifikate is ‘n ernstige kriminele oortreding. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tonateni Shidhudhu, NamRA se woordvoerder.