ANC bevestig Zuma is uitgeskop

Die nasionale dissiplinêre appèlkomitee van die ANC het die besluit van die nasionale dissiplinêre komitee bevestig om Jacob Zuma uit die party te skop. Die nasionale woordvoerder , Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê as ‘n voormalige president van die ANC is daar van Zuma verwag om die aan hoogste standaarde van leierskap te voldoen. Deur ‘n mededingende politieke party te vestig en te lei, het hy die eenheid en samehorigheid van die beweging ondermyn. Bhengu-Motsiri sê die besluit dien as ‘n herinnering dat geen indiwidu groter as die beweging is nie, en dat die party se krag lê in sy leierskap en verbintenis tot die aspirasies van die mense: