Nam-jeug moet lugvaartsektor betree
Abner Hamukwaya, stigter van die Namibia Aviation Training Academy en ‘n ervare vlieënier, doen ‘n beroep op die jeug om by die lugvaartsektor betrokke te raak. Hamukwaya beklemtoon die belangrikheid daarvan om jong Namibiërs op te lei en in diens te neem om te help om die lugvaartbedryf vorentoe te dryf, en om langtermyn loopbaanvooruitsigte vir die volgende generasie te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met Hamukwaya gesels, wat sê die bedryf kan werksgeleenthede in die olie- en gas-sektor verseker.