Namibië se top-sportlui vereer
Die Namibiese Sporttoekennings is Vrydagaand by ‘n sooisput geleentheid in die hoofstad gehou. Die sportman van die jaar is die jaggeweer wêreldkampioen skieter Stephanus Marais met fiestryer Vera Looser wat die sportvrou van die jaar gevat het. Sportvrou van die jaar met ‘n gestremdheid is deur Lahja Ishitile gewen. Krieket Namibië is die wen-sportfederasie. Die span van die jaar is toegeken aan die Ope Jaggeweerskietspan terwyl sokkerster Deon Hotto die professionele atleet in die diaspora-kategorie opgeraap het. New Era sportjoernalis Limba Mupetami het sportjoernalis van die jaar ontvang.