Swapo moet sy vriendskap met Zanu-PF op demokratiese vlak handhaaf
Reaksie is ontvang op die plaaslike media wat vandag berig oor moontlike inmenging van die regerende party van Zimbabwe, Zanu-PF, in verkiesings in die streek. Daar was wel verskeie besoeke van regeringslui en Swapo-amptenare aan Zimbabwe maar, daar is ook vrae oor hoe Zanu-PF sou inmeng en wat sy doelwit sou wees. Nietemin, sê politieke ontleder Henning Melber, Swapo moet sy vriendskap met Zanu-PF op ‘n demokratiese vlak handhaaf.