SA-regering moet intree by menseregte van Stilfontein-myners
Die nie-regeringsorganisasie Society for the Protection of Our Constitution het die regering beskuldig dat hy probeer om die onwettige ondergrondse mynwerkers in Stilfontein tot oorgawe te dwing of ‘n onafwendbare dood in die gesig te staar. Die Hooggeregshof in Pretoria het die organisasie se aansoek aangehoor wat ‘n dringende interdik vra om te verhoed dat die polisie kos, water en mediese behandeling van die onwettige mynwerkers weerhou. Uitspraak is voorbehou. Die organisasie se regsverteenwoordiger, Yasmin Omar, sê die regering verskuif sy verantwoordelikheid om die onwettige mynwerkers te red: