Emma praat (uiteindelik) oor stadion se opknapping
Die adjunk-sportminister Emma Kantema-Gaomas het uiteindelik kommentaar gelewer oor die opknapping van die Onafhanklikheidstadion na sy op 14 November nie opgedaag het by die perskonferensie nie. Toivo Nuugulu-argitekte, in ‘n gesamentlike onderneming met Kerry McNamara-argitekte soek ‘n hersiening van die toekenning van die 800 000 Namibiese dollar se konsultasie aan Marley Tjitjo-argitekte. Kantema-Gaomas sê hulle hande is afgekap.
Intussen word ongeveer 1,6 miljoen dollar bestee per tuiswedstryd wat die Brave Warriors in Johannesburg moet speel.