Black Friday: Versigtig vir slaggate
Black Friday klink altyd na ‘n wonderlike geleentheid maar, daar is slaggate. Verbruikers word maklik om die bos gelei veral as daar nie voldoende beplanning is nie. Daar moet byvoorbeeld genoeg kennis wees van die standaard prys van die item waarin jy belangstel en daar moet besteebare inkomste wees. Verbruikers word gemaan om verantwoordelik op te tree. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gepraat.