Indië se Adani van US$265m se bedrog aangekla
Die Indiese miljardêr Gautam Adani, en sewe ander, is deur Amerikaanse aanklaers aangekla vir sy beweerde rol in ‘n 265 miljoen Amerikaanse dollar se omkoperyskema. Lasbriewe is uitgereik vir Adani en sy broerskind Sagar Adani en aanklaers beplan om dié lasbriewe aan buitelandse wetstoepassers te oorhandig, toon hofrekords. Amerikaanse federale aanklaers sê die beskuldigdes het ingestem om omkoopgeld aan Indiese regeringsamptenare te betaal om kontrakte te bekom wat na verwagting 2 miljard Amerikaanse dollar se wins oor 20 jaar sal oplewer en Indië se grootste sonkragaanlegprojek te ontwikkel. Adani was onlangs in die nuus met sy seun se uitgerekte, luukse troue.