Britte vervolg man, 92, vir moord en verkragting in 1967

‘n Twee-en-negentigjarige man het in Bristol, Engeland, in die hof verskyn in verband met die moord en verkragting van ‘n vrou in 1967. Ryland Headley van Ipswitch is vroeër die week in hegtenis geneem na ‘n forensiese hersiening van die saak. Die 75-jarige Louisa Dunne se bure het haar in Junie 1967 dood aangetref in haar huis in Easton. Sy is verkrag en verwurg. Headley het nie gepleit op die twee aanklagte teen hom nie, en die saak kom vandag in die Hooggeregshof in Bristol voor.