BOSA vies oor speaker wat debat oor werkloosheid kelder
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het Build One South Africa se amptelike versoek verwerp vir ʼn parlementêre debat oor die land se werkloosheidskrisis. Sy beskou die kwessie nie as dringend genoeg om dadelik daaraan aandag te gee nie. BOSA se waarnemende woordvoerder, Roger Solomons, sê die besluit raak die 11 miljoen werklose landsburgers. Hy sê werkloosheid is ʼn nasionale krisis.