VSA-owerhede sê Google moet Chrome verkoop
Amerikaanse antitrust-amptenare van die Departement van Justisie versoek ‘n regter om Google se verkoop van sy Chrome-webblaaier te beveel, weens vrae oor monopolieë. Dit volg op ʼn beslissing in Augustus dat Google die soekenjinmark onwettig oorheers het. Business Insider sê indien die voorstel goedgekeur word, sal dit die aanlyn soek- en kunsmatige intelligensie-bedryf hervorm. Amptenare bepleit ook strenger regulasies vir Google se datapraktyke en Android-integrasie. Google is erg ontevrede met die besluit en waarsku teen skade aan vernuwing. ’n Finale besluit word teen Augustus 2025 verwag.