Rusland sukkel met chroniese inflasie
Die president van Rusland se sentrale bank, Elvira Nabiullina, sê die land sukkel om chroniese inflasie te vermy. Pryse het vinnig verhoog sedert die land sy militêre aanval op Oekraïne van stapel gestuur het, weens die reuse-bedrae wat Moskou aan die veldtog bestee. Inflasie was in Oktober op ‘n jaarkoers van 8,5-persent, meer as dubbel die staat se amptelike teiken van vier-persent. Die bank het rentekoerse tot 21-persent verhoog, die hoogste in meer as twee dekades, in ‘n poging om die tempo van prysstygings te verlaag.