Nadal se loopbaan kom tot ‘n einde
Rafael Nadal se roemryke loopbaan het tot ʼn einde gekom nadat Spanje in die Davisbeker-eindtoernooi in Malaga teen Nederland verloor het. Botic van de Zandschulp het die 22-malige Grand Slam-kampioen verslaan om Nederland ʼn een-nul-voorsprong te gee. Carlos Alcaraz het sake vir Spanje gelykop gemaak met ʼn sege oor Tallon Griekspoor. Wesley Koolhof en Van de Zandschulp het egter in die bepalende dubbelspel met Alcaraz en Marcel Granollers afgereken. Nadal sê hy het meer bereik as waarvan hy ooit gedroom het: