Waterkrisis op Swakop, Orano is aflyn en Omdelpyp is stukkend

NamWater doen ’n dringende beroep op inwoners en besighede in Swakopmund om water spaarsamig te gebruik, aangesien die beskikbaarheid van water in die stelsel tans uiters beperk is. Dit is as gevolg van ‘n pypbreuk op die Omdellyn, wat watervloei afgesny het. Die Orano-aanleg is nie aanlyn nie en ondergaan geskeduleerde instandhouding, wat Maandag begin het en vir vyf dae sal duur. Herstelwerk aan die pypleiding het reeds Dinsdagaand begin en sal na verwagting binne 24 tot 36 uur voltooi wees.