So moet Kunene-streek toerisme ontwikkel: Mushelenga

Die 22ste Dr. Theo-Ben Gurirab-lesingreeks het afgeskop, met die tema “Ontsluit ekonomiese potensiaal: Benut toeriste-aantreklikhede en mynbouhulpbronne om infrastruktuurontwikkeling en ekonomiese groei in Kunene-streek aan te dryf”. Die sessie is geopen deur die internasionale betrekkinge-minister, Peya Mushelenga. Volgens Mushelenga moet die Kunene-streek met buurlande saamwerk om toerisme te ontwikkel.