Oud-Wallabies-afrigter in sop oor seksuele mishandeling

Oor na Australië, en ʼn veteraan uitsaaier en voormalige afrigter van die Wallabies-rugbyspan, Alan Jones, word aangekla van die seksuele mishandeling van sewe mans en ʼn tienerseun. Speurders van die Kindermishandelingseenheid het die 83-jarige Jones by sy huis in Sydney in hegtenis geneem, en beslag gelê op elektroniese toestelle. Jones het die nasionale span van 1984 tot 1987 afgerig. Hy staan tereg op 24 aanklagte oor beweerde voorvalle tussen 2001 en 2019.