Alleengelate 2-jarige dogtertjie sterf in huisbrand

Die polisie in Rehoboth het die dood van ‘n tweejarige dogtertjie bevestig nadat die huis waarin sy alleen gelaat is tot op die grond afgebrand het. Volgens die naweek-misdaadverslag het die voorval Vrydagaand by Farm Bankmine Camp plaasgevind. Die kleuter het aan haar beserings beswyk. Die naasbestaandes is in kennis gestel, en ondersoeke duur voort. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die voormalige Ombudsman, advokaat John Walters.