Gatland sal besin oor sy toekoms na 11de verloor
Wallis se afrigter, Warren Gatland, sê hy sal nou oor sy toekoms besin nadat sy span die elfde agtereenvolgende toetswedstryd verloor het. Australië het Wallis in Cardiff met 52-20 afgeransel. Gatland het ná die wedstryd met die Walliese Rugby-unie leiers vergader. Wallis takel Saterdag die wêreldkampioene, Suid-Afrika. Gatland sê dis uitdagendste tyd wat hy as afrigter beleef het: