Frankryk steek All Blacks die loef af in riller in Parys
Rugby: Die losskakel Thomas Ramos het gisteraand in Parys gesorg vir 15 punte met sy skopskoen en Frankryk gehelp om Nieu-Seeland met 30-29 in ‘n rillertoets te klop. Romain Buros, Paul Boudehent en Louis Bielle-Biarrey was die driedrukkers vir die gashere, wat seker gemaak het van ‘n derde agtereenvolgende oorwinning oor die All Blacks nadat hulle na ‘n halfuur 14-3 agter was. Die kaptein van Frankryk Antoine Dupont het na die tyd gesê om ‘n groot span te klop, gee mens altyd selfvertroue. Die All Blacks was rustyd 17-10 voor. In vandag se toetse pak Italië vir Georgië en Wallis kom teen Austalië te staan.