Meld onwettige vuurwapens aan, pleit SA regering
Die Suid-Afrikaanse regering sê onwettige vuurwapens hou ‘n gevaar in vir gemeenskappe, en moedig alle Suid-Afrikaners aan om sulke wapens by die polisie aan te meld. Jessica Mahlangu van die Regeringskommunikasie- en -inligtingstelsel sê enige ongelisensieerde vuurwapen word as onwettig beskou kragtens die Wet op Vuurwapenbeheer. Mahlangu sê burgers wat onwettige vuurwapens besit moet dit onmiddellik inhandig om misdaad te voorkom en lewens te red.