Rusland maak gas-krane na Oostenryk toe

Rusland het Oostenryk ingelig hy sal vandag gaslewerings via Oekraïne opskort. Rusland se oudste gas-uitvoerroete na Europa, ‘n pypleiding via Oekraïne, gaan aan die einde van hierdie jaar gesluit word. Oekraïne het gesê hy sal nie die transito-ooreenkoms met die Russiese staatsbeheerde Gazprom verleng nie, ten einde Rusland te ontneem van winste wat Kyiv sê help om die oorlog teen hom te finansier. Oostenrykse kanselier Karl Nehammer sê Gazprom se kennisgewing van die beëindiging van voorrade word al lank verwag en Oostenryk het voorbereidings getref.