Media maak reg vir verkiesing
Die Verkiesingskommissie van Namibië het 490 mediapersoneel, van 12 mediahuise, geakkrediteer om die presidensiële en Nasionale Vergadering verkiesings op 27 November te dek. Vier geakkrediteerde vryskutwerkers is ook op die lys, terwyl sewe aansoeke om akkreditasie nog oorweeg word. Oor buitelandse media-akkreditasie het die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, gesê die SAUK en Al Jazeera was in kontak en het die aansoekproses begin.