SA mynproduksie styg 4,7% in September
Statistieke Suid-Afrika het ʼn jaar-tot-jaar-verhoging van 4,7-persent in mynbouproduksie vir September aangekondig, op die rug van sterk vertonings deur metale in die platinumgroep, ystererts en mangaan. Steenkool en goud het egter gedaal. Mineraalverkope het ook met 8-persent toegeneem met goud en mangaan aan die voorpunt, terwyl die platinum-groep metale ‘n daling getoon het. Juan-Pierre Terblanche van Statistieke Suid-Afrika sê die mynbousektor het in die geheel tekens van herstel getoon ten spyte van ‘n paar uitdagings.