Britte gaan verbod op steenkoolmyne plaas

Die Verenigde Koninkryk gaan wetgewing voorstel om nuwe steenkoolmyne te verbied terwyl die Arbeiders-regering planne gereed kry om Brittanje ‘n leier in skoon-energie te maak. Die regering gaan die nuwe wetgewing bekendstel om die toekomstige lisensiëring van nuwe steenkoolmyne so gou moontlik te beperk, en bestempel dit as ‘n noodsaaklike stap om klimaatsverandering teen te werk. Brittanje se laaste steenkool-aangedrewe kragstasie, Ratcliffe-on-Soar, het verlede maand gesluit. Brittanje het daarmee die eerste G7-land geword om sy afhanklikheid van fossielbrandstof vir krag te beëindig.