Bipa reageer op vertraging-klagtes deur sake-eienaars
Kleinsake-eienaars is vies vir die Besigheids- en Intellektuele Eiendom-owerheid en sê dat vertragings in die verwerking van hulle voordelige eienaarskap-verklarings hulle verhoed om bankrekeninge oop te maak en handel te dryf. Hulle voer aan dat die stadige burokratiese prosesse werkskepping blokkeer en hul ekonomiese bydraes beperk. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ockert Jansen, Bipa se woordvoerder, wat verduidelik.