Blinken verseker Navo VSA staan bankvas agter Kiëf

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake Antony Blinken is in Brussel by ‘n Navo-vergadering. Daar is kommer onder lidlande nie net na Donald Trump se verkiesing nie maar, ook die Oekraïnse oorlog met die teenwoordigheid van Noord-Koreaanse troepe in die Russiese weermag. Blinken sê die VSA staan bankvas agter Kiëf.