Biochar kan mahangu-produksie ‘n hupstoot gee

‘n Namibiese landboukundige het ‘n beroep op kommunale boere gedoen om biochar, of landbou-houtskool, in hul mahangu-lande te gebruik om die grond te verbeter en meer voedsel te produseer. Axel Rathouge van AgriConsult Namibia sê die meeste kommunale boere se mahangu-lande word in sanderige grond geplant, wat deur reën weggeloog word. Hy sê een van die beste maniere om grond organies te verbeter om meer voedsel te produseer, is om landbou-houtskool op gewasse se wortelsones toe te dien, want dit ‘n geweldige kapasiteit om water en plantvoedingstowwe te hou. Hy sê boere versamel klein stukkies afvalhout van hul lande wat verbrand kan word en in mahangu-lande se vore geplaas kan word om die grond te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, tegniese akkerbou-adviseur by Agribank, wat saamstem en meer inligting gee.