Bots se demokrasie eerste keer in 60 jaar getoets – Boko

Botswana se nuwe president, Duma Boko, is ingesweer. Die 54-jarige Boko het sy eed voor duisende mense in die nasionale stadion afgelê net nege dae nadat sy Umbrella for Democratic Change die Botswana Demokratiese Party (BDP) by die stembus verpletter het. Hy sê die land se demokrasie het ongebroke, onbewese en ongetoets gebly maar, is op stemdag op 30 Oktober getoets en het met vlieënde vaandels geslaag. Boko se linksgesinde UDC het 36 setels in die parlement gewen vergeleke met net vier vir die konserwatiewe BDP, wat sedert oafhanklikheid 58 jaar in mag was.