Herinnering-trilogie oor volksmoord sluit af
“A Trilogy to Remembrance, Part III: Shaping a Brighter Future” is afgesluit in ‘n paneelbespreking wat die volksmoord en versoening herdenk het. Die trilogie het gekyk na die bewusmaking en opvoeding van die jeug oor die OvaHerero- en Nama-volksmoord van 1904 tot 1908. Die trilogie het geëindig met die bekendstelling van die boek “An Unresolved Issue” met Andreas Eckl, Matthias Häussler en Martha Akawa as redakteurs, uitgegee deur die Friedrich Ebert-stigting. Die reeks het in Julie vanjaar begin. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jacinta Kasume, projekbestuurder by die Namibië Instituut vir Demokrasie, wat ‘n oorsig van die trilogie gee.