Regering ‘moet meer deursigtig wees oor uitgawes’

Om sy begrotingsverpligtinge vir die 2024–2025-boekjaar na te kom, beoog die regering om tussen vandeesmaand en Maart volgende jaar 4,6 miljard Namibiese dollar te leen. Dit is volgens ‘n regeringsleningstrategieplan deur die Bank van Namibië en die finansministerie. Dit sal help om die opgedateerde begrotingstekort aan te spreek, aangesien totale staatsbesteding na verwagting 106,1 miljard dollar sal oorskry. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels, wat sê dat die regering meer deursigtig moet wees oor sy uitgawes.