Bibi het gyselaars-vir-vrede-ooreenkoms verwerp – Gallant

Israel se afgesette verdedigingminister, Yoav Gallant, het na wat berig word gesê die weermag het al sy doelwitte in Gaza bereik en dat eerste minister Benjamin Netanyahu ‘n gyselaars-vir-vrede-ooreenkoms verwerp het teen die advies van sy eie veiligheidsinstansie in. Gallant het Donderdag met gyselaars se families gepraat, twee dae nadat hy deur Netanyahu afgedank is. Channel 12 nuus het hom aangehaal waar hy gesê het hy is bang hulle bly in Gaza net omdat daar ’n begeerte is om daar te wees. Hy het glo aan die families gesê dat die idee dat Israel in Gaza moet bly om stabiliteit te skep ‘n onvanpaste idee is om soldate se lewens oor te waag.